Gerard, dankie vir 'n boek wat my end-uit saamgeneem het, sonder dat ek 'n beplande voorneme gehad het om dit te lees.  Uit kort passasies wat my vrou op 'n Saterdagoggend in die bed uit Lig wankelend aan my voorgelees het, het ek die indruk gekry dat dit goed geskryf is en toe ek uiteindelik die boek by haar afneem en verder lees, was ek nie teleurgestel nie en weet nie hoe jy dit regkry om sulke lang sinne te gebruik, wat natuurlik maar die manier is hoe soos ons dink, partykeer sonder lees...
Continue reading ...