Posted by gerard on Sunday, April 14, 2013,
Gerard, dankie vir 'n boek wat my end-uit saamgeneem het, sonder dat ek 'n beplande voorneme gehad het om dit te lees. Uit kort passasies wat my vrou op 'n Saterdagoggend in die bed uit Lig wankelend aan my voorgelees het, het ek die indruk gekry dat dit goed geskryf is en toe ek uiteindelik die boek by haar afneem en verder lees, was ek nie teleurgestel nie en weet nie hoe jy dit regkry om sulke lang sinne te gebruik, wat natuurlik maar die manier is hoe soos ons dink, partykeer sonder lees... Continue reading ...
TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE 48.2 2011
Posted by gerard on Monday, August 8, 2011,
Lig wankelend.
Gerard Scholtz.
2010. Kaapstad: Queillerie. 224 pp. ISBN: 978-0-7958-0015-3.
Lig wankelend is
Gerard Scholtz se debuut- roman. Die roman volg die lewensverhaal van Utte
Reuter wat na die Tweede Wêreld- oorlog uit Duitsland vlug en op 24 November
1949 in die Kaapstadse hawe aanland. Utte kom na Suid-Afrika om die verwoesting
van haar tuisland te ontvlug en om met die broer van haar penvriendin,
Christiaan Hofmeyr, te trou. Die roman bevat geen komiese ton... Continue reading ...
Resensie DEKAT Maart 2011 deur Danie Botha
Posted by gerard on Monday, March 21, 2011,
GERARD SCHOLTZ: LIG WANKELEND: DIE WESE VAN DIE LIEFDE EN
LEWE VAN UTTE REUTER. Queillerie 2010
In 1939 skryf N.P. van Wyk
Louw oor die gunstigste geestesgesteldheid om verhoogtoneel werklik te
waardeer. Sy woorde kan
’n mens ook van toepassing maak op die lees van hierdie roman. Watter mense sal
dit waardeer?
“Almal
wat smart ken, wat nog rusteloos is … wat in geslagt... Continue reading ...
Die Burger 26.07.2010 Resensie deur Cecile Cilliers
Posted by gerard on Tuesday, July 27, 2010,
LIG WANKELEND – DIE WESE VAN DIE LIEFDE EN LEWE VAN UTTE REUTER deur Gerard ScholtzMaandag 26 Jul 2010, 23:09
Continue reading ...
Die Burger - Seun van die Mens resensie 15.12.08
Posted by gerard on Tuesday, July 20, 2010,
CHRISTINA LANDMAN
Ons maak te min van
Jesus se aardse lewe, vertel te min hy het aan mense gevat wanneer hy
hulle genees het, vergeet hy het saam met hulle geëet wanneer hy sy
wyshede gedeel het. Dat, wanneer hulle seer was, hy hul pyn diep en
innig aangevoel het. Dis wat teoloë ons vandag vertel: Bekoor en beklee
julle met die aardse Jesus ook.
Kahlil Gibran het dit met
Seun van die Mens gedoen. In 78 aangrypende stukke laat hy Jesus weer op
aarde loop, gee hy ’n aardse kyk op... Continue reading ...
Die Huisgenoot 8.07.2010
Posted by gerard on Tuesday, July 13, 2010,
ONTHOU 'N LEWE
DEUR HANNELIE BOOYENS
SOMMIGE skrywers
loop rond met ’n magdom stories in hul kop. Ander het eintlik net een storie
waarmee hulle jare lank worstel. Gerard Scholtz is só ’n skrywer, en op ’n rype
61 het hy sy skrywersdroom uiteindelik verwesenlik met ’n baie besonderse boek.
Die storie wat
hy wou opteken is ’n ware verhaal – ’n aangrypende liefdesdra... Continue reading ...
Skrywersgesprek Die Burger 5.07.2010
Posted by gerard on Thursday, July 8, 2010,
LIG
WANKELEND – Gerard Scholtz
VRAE vanaf Malene Breytenbach
Lig Wankelend is gebaseer op ’n ware verhaal. Waar het jy aan dié
karakter, Utte, en haar hartseerverhaal gekom? Is sy familie van jou?
Utte was my buurvrou wat in 1949 na Suid-Afrika gekom
het, na die oorlog... Continue reading ...
Scholtz maak musiek in eerste boek
Posted by gerard on Thursday, July 8, 2010,
Scholtz
maak musiek in sy eerste boek
Lianda
Beyers Cronjé
Die
wordingsproses van Gerard Scholtz van
Rooiels se eerstelingboek Lig wankelend
het tien jaar geduur - maar dan moet die
leser ook aanvaar dat dit geen gewone boek is nie. Die aangrypende bio-roman
wat pas deur Quellerie van NB-Uitgewers uitgegee is, handel oor die wese van
die liefde en lewe van `n oud-inwoner van Rooiels, Utte Reutter wat na d... Continue reading ...
Seun van die Mens - Voorwoord
Posted by gerard on Thursday, July 8, 2010,
Voorwoord: Seun van die Mens
Toe ek jonk was het almal Die
Profeet van Kahlil Gibran gelees. Ek ook. En deur die jare het die wysheid
van Almustafa by my gebly. Maar min was in daardie
tyd oor Gibran bekend en baie mense het gedink hy is ‘n Midde-Oosterse mistikus
– en van daardie gevaar moes ‘n mens baie ver wegbly!
‘n Ruk gelede sit ek in die buiteland en moet ek ‘n
to... Continue reading ...
|
|